06/10/2026
OORHANDIGING VAN ENTREPRENEURSPRYSE
Laerskool Totius, Boston - Offisieel het in die 3de kwartaal ’n suksesvolle Entrepreneursdag aangebied, en vandag was dit tyd om die pryse te oorhandig aan die stalletjies wat werklik uitgestaan het!
Dit was beslis nie ’n maklike taak om die wenners te kies nie – daar was soveel kreatiwiteit, harde werk, vriendelikheid en goeie entrepreneurskap om van te kies.
🥇 1ste Prys – R600 kontant
AfriForum Sakenetwerk-wenner: Crazy Lekkers
Die stalletjie wat uitgestaan het met hul vriendelikheid, goeie diens en uitstekende kennis van hul produk.
🥈 2de Prys – R300 kontant
Totius-wenner: Mia Britz
Die stalletjie wat al die bokse getiek het – goeie aanbieding, ’n uitstekende produk én sommer ’n lekker wins gemaak!
🥉 3de Prys – R150 kontant
Direk en Xandre
Die stalletjie wat uit die boks gedink het en ons almal behoorlik verras het met hul oorspronklikheid.
Baie geluk aan al ons wenners! Julle het gewys dat entrepreneurskap nie net oor verkope gaan nie, maar ook oor kreatiwiteit, deursettingsvermoë, kliëntediens en die moed om iets nuuts te probeer.
’n Groot dankie aan Laerskool Totius, Boston - Offisieel en Mnr van Deventer dat ons deel kon wees van julle Entrepreneursdag. Dit is altyd ’n voorreg om jong entrepreneurs aan te moedig en te sien hoe hulle hul idees in aksie omskep.
En natuurlik ’n spesiale dankie aan ons borge wat dit moontlik gemaak het om hierdie pryse aan die leerders te oorhandig. Ons waardeer julle ondersteuning ongelooflik baie!
La Belle Q4 Fuel
Van Eeden Tax
AfriForum Sakenetwerk Noordelike Voorstede
Baie geluk, jong entrepreneurs!