02/06/2026
Geagte Kliënte, Vriende en KAS Familie,
Dit is met groot hartseer dat ons u in kennis stel van die afsterwe van mnr. Arno Koen, direkteur van KAS.
Ons wil u verseker dat die nodige kontinuïteits- en oorgangsmaatreëls reeds in plek is om die voortgesette bedryf van ons dienste en verpligtinge te verseker. Hierdie proses word ondersteun deur 'n sustersfirma en die bestaande bestuurspan om stabiliteit en kontinuïteit gedurende hierdie tydperk te handhaaf.
Ons waardeer u begrip, ondersteuning en respek vir die familie, kollegas en almal wat deur hierdie verlies geraak word.
Indien enige verdere kommunikasie of inligting nodig sou wees, sal dit op die gepaste tyd gedeel word.
Vriendelike groete
KAS personeel