29/05/2026
Dankieโฆ ๐ค โค๏ธ ๐ฉถ
Hoe sรช โn mens dankie vir 21 jaar wat jou hele hart gevorm het?
Hoe hou jy op huil as jy weet jy moet gaan, maar alles in jou wil nog bly?
NewLook was nooit net werk nieโฆ dit was familie, passie, asem, en hart se petrol. โจ
Deur seisoene van vreugde en pyn, sukses en stryd, groei en vreesโฆ
Deur covid, verliese, opstaan en weer probeerโฆ was daar altyd hoop.
En nou staan ek hier met โn hart vol dankbaarheid en oรซ vol traneโฆ
want ja, dit is tyd vir โn nuwe seisoen. ๐ฟ
Dankie vir elke kliรซnt, elke vriend, elke lag, elke gesprek en elke herinnering.
Of jy vir โn paar maande, โn paar jaar of 21 jaar saamgestap hetโฆ
jy bly deel van my storie, vir altyd. ๐ค
Spesiale dank aan die laaste groep wat saam met my hierdie NewLook-hoofstuk tot โn mooi hoogtepunt gebring hetโฆ
en ook aan diรฉ wat langs die pad afgestap hetโjulle bly kosbaar in my hart. โจ
Ek hoop ons hou kontakโฆ dat ons steeds koffie sal drink, sal lag en herinneringe sal deel. โ
Want hoewel NewLook se deure einde Junie sluit, sluit vriendskap nie.
Dit is โn nuwe journey, nuwe avontuur, nuwe fase en seisoen waarin ek glo die Here my lei.
God se timing is altyd perfek. ๐
Dankie vir 21 geseรซnde jare.
Ek sal dit nooit vergeet nie. ๐ค
๐ธ โNew season, same heart โ just a new direction.โ
๐ซโSome chapters end, not because they failed, but because they fulfilled their purpose.โ
๐ฟ โFaith over fear, gratitude over goodbye, and purpose over comfort.โ
๐ค
Bianca Kamminga Pienaar