28/07/2026
🟦 VAKATURE: KANTOORBESTUURDER
📍 Rekenmeesterspraktyk
Is jy 'n georganiseerde leier wat administrasie, finansies en mensebestuur kan kombineer?
Ons groeiende rekenmeesterspraktyk is op soek na 'n Kantoorbestuurder om die effektiewe bestuur van ons kantoor te verseker.
JOU HOOFVERANTWOORDELIKHEDE:
✅ Debiteure- en krediteurebestuur
✅ Bestuur van werkvloei en interne prosesse
✅ Koördinering van kliëntwerk en dienslewering
✅ Personeelbestuur, verlof en tydstate
✅ Verseker van effektiewe kantooradministrasie
ONS SOEK IEMAND MET:
✔ Minstens 5 jaar relevante ervaring
✔ Sterk administratiewe en organisatoriese vaardighede
✔ Ervaring in 'n rekeningkundige of professionele diensomgewing
✔ Goeie kommunikasie- en leierskapsvaardighede
✔ Kennis van praktykbestuurstelsels soos SmartPractice
📧 Stuur jou CV en beskikbaarheidsdatum na:
[email protected]
📅 Sluitingsdatum: 31 Augustus 2026
Word deel van 'n professionele span waar uitnemendheid, diens en groei waardeer word.