04/09/2026
‘n Bietjie pret tussen al die syfers deur!
Vandag het ons die sakrekenaars vir ’n rukkie neergesit vir ’n lekker Loslitdag & ken-mekaar-kuier 😄
Daar was lekker kos, baie lag, ’n paar speletjies, tamboeryne en sommer net ’n kans om weg van die gewone kantoorwerk ’n bietjie saam te kuier en mekaar beter te leer ken.
Natuurlik kon die dag nie eindig sonder ’n paar baie amptelike en hoogs gesogte toekennings nie🏆😂
Ons personeel is amptelik gekroon as:
😂 Nelmarie – Giggel Generaal
🐴 Shantelle – Werkesel
👟💨 Steven – Sleepstert
🌱 Monique – Groentjie
🗣️ Rista – Praatjas
🤭 Merle – Filterbekkie
📦🍔 Jacques – Pakkie Patroon
☕🐪 Brandon – Koffiekameel
👶🏻🏆 Caleb – Kruipmeester — ons jongste “personeellid”, wat onlangs sy meestersgraad in kruip verwerf het en reeds bevorder is van lê-en-rol na kruip-en-probleme-soek! 😂
Van Giggel Generaals en Koffiekamele tot Praatjasse, Pakkie Patrone en ’n Kruipmeester, ons het beslis ’n interessante span! 🤣
Maar agter al die grappies is ons baie dankbaar vir ’n span wat hard kan werk, saam kan lag en sommer net lekker mense kan wees. ❤️
’n Heerlike dag saam met ’n besonderse span! Beat as one!
Die beskrywings wat ons moes raai vir elke persoon:
Sleepstert: Skoenveters altyd los, maar loop steeds asof daar ’n wêreldrekord op die spel is. 👟💨 Steven Bampa
Praatjas:
’n Meesterverteller wat altyd ’n storie het om te vertel, ongeag die onderwerp. Gee haar net ’n paar minute en sy kan van ’n eenvoudige vraag ’n volledige avontuur maak. 🗣️😂 Rista Bampa
Koffiekameel:
’n Persoon wat koffie drink soos ’n kameel water drink. Word gereeld gesien met ’n koppie koffie in die hand en is waarskynlik verantwoordelik vir die grootste gedeelte van die kantoor se koffieverbruik. ☕🐪 Brandon Fourie
Giggel Generaal:
’n Hoë-rang offisier in die leër van lag. Sy lag is so hard en kenmerkend dat niemand eers hoef te kyk om te weet wie dit is nie. Waar die Giggel Generaal lag, weet die hele kantoor daarvan! 😂🎖️Nelmarie Hellyer
Filterbekkie:
’n Persoon wat altyd eers mooi moet d**k voordat sy praat. Een verkeerde vraag en skielik weet die hele kantoor meer van haar persoonlike lewe as wat hulle ooit beplan het. 🤭😂 Merle Roberts
Werkesel: Die een wat drie mense se werk doen, maar steeds op een of ander manier voor die sperdatum klaar is.Shantélle Hugo
Groentjie:
’n Vars toevoeging tot die kantoor wat nog besig is om uit te vind waar die koffie, die printer en al die belangrike geheime lê. 🌱😂 Monique Farrell
Pakkie Patroon:
’n Gereelde inwoner van die kantoor se ontvangsarea. Bestellings kom so gereeld aan dat die koerier hom al op voornaam ken. As daar nie ’n pakkie wag nie, is daar waarskynlik ’n takeaway op pad. 📦🍔😂 Jacques