13/09/2018
Sanlam se risikodekking gee die toon aanPosted on September 11th, 2018 |
Sanlam se Omvattende Ernstige Siekte-voordele sluit presies dieselfde markleier-dekking vir kanker en kardiovaskulêre siekte in as wat onder die aparte Kanker- en Kardiovaskulêre voordele verskaf word. Die kankerdekking sluit dekking vir kanker, leukemie, limfoom en gewasse in, met omvattende dekking vir vroeë kankersoorte (insluitend velkanker), asook wye dekking vir goedaardige breingewasse. Gespesifiseerde aggressiewe kankersoorte word vanaf stadium 1 teen 100% gedek, selfs indien die meer bekostigbare Omvattende Ernstige Siekte-voordeel onder die Impak-reeks gekies word.
Die Omvattende Ernstige Siekte-voordeel is ook beskikbaar as ’n Plus-voordeel, wat 100% uitbetaal vir die eisgebeurtenisse wat deur die Standardised Critical Illness Definitions Project (SCIDEP) gespesifiseer word en ook groter persentasies van die dekkingsbedrag vir ander gespesifiseerde eisgebeurtenisse uitbetaal.
Hoe werk eise op hierdie voordele in die werklike lewe?
Adeno-karsinoom van die linkerbors is vroeg in 2018 by Linda du Toit*, Besturende Direkteur van haar eie maatskappy, gediagnoseer.
Haar Sanlam-adviseur het op 22 Mei 2018 ’n eis namens haar onder die Omvattende Ernstige Siekte Plus-voordeel ingedien. Haar eis is op 23 Mei geëvalueer en sy het vir ’n 100%-betaling onder dié voordeel gekwalifiseer.
Op 13 Junie het Sanlam ’n eisbedrag van R1 250 000 aan haar betaal en haar adviseur in kennis gestel van die eisbesluit.
Aangesien mev. Du Toit se onkoloog haar ook by die werk afgeboek het vir die behandeling en operasie wat sy nodig gehad het, is ’n eis ook namens haar onder haar Sanlam Siektevoordeel ingedien. Sanlam het hierdie Siekte-eis ook ingedien en haar maandelikse Siektevoordeel is terugwerkend van 25 Mei tot 6 Julie 2018 betaal. Die Siektevoordeelbetalings het byna R40 000 bedra – opgemaak uit R6 370 in Mei, R27 300 in Junie en R5 460 in Julie.
Wanneer ’n ernstige siekte soos borskanker by ’n kliënt gediagnoseer word, moet sy al haar energie gebruik om die siekte te bestry sonder om haar oor haar finansies te bekommer. Dis waarom dit so uiters belangrik is om behoorlik verseker te wees.
Kanker in Suid-Afrika – die syfers**Een uit vier Suid-Afrikaners word deur kanker geraak weens ’n diagnose by familie, vriende of hulselfElke jaar word kanker by meer as 100 000 Suid-Afrikaners gediagnoseerDie Suid-Afrikaanse kankeroorlewingskoers is ses uit 10.Sanlam-statistieke vir 2017
Die meeste van die ernstigesiekte-eise wat Sanlam in 2017 uitbetaal het, was vir kanker.
43% van die ernstigesiekte-eise vir mans was vir kanker, waarvan 12% vir prostaatkanker was77% van die ernstigesiekte-eise vir vroue was vir kanker, waarvan 31% vir borskanker en 5% vir melanoom was.
* Nie haar regte naam nie.
**
Global Cancer Statistics Read more...South African Cancer StatisticsSouth Africa's N