16/07/2026
Administratiewe Pos Beskikbaar – Elardus Park, Pretoria
Boerfin is op soek na 'n georganiseerde en betroubare administratiewe persoon om by ons span aan te sluit.
Posbesonderhede:
Voldag administratiewe pos
Kantore geleë in Elardus Park, Pretoria
Vereistes:
Goeie administratiewe en organisatoriese vaardighede
Rekenaarvaardigheid
Goeie kommunikasie- en mensevaardighede
Vermoë om selfstandig sowel as in 'n span te werk
Vorige ervaring in langtermynversekering sal 'n sterk aanbeveling wees.
Ervaring met Sanlam se produkte en administratiewe prosesse sal 'n besliste pluspunt wees.
Indien jy belangstel, stuur asseblief jou CV na [email protected]