09/10/2025
Posadvertensie:
Ontvangsdame en PA (Persoonlike Assistent) 📞
Pretoria-Oos, Gauteng
GRiT, ñ Professionele rekeningkundige firma in Pretoria-Oos, is op soek na 'n ervare, volwasse en betroubare Ontvangsdame wat ook as Persoonlike Assistent (PA) vir twee direkteure sal optree.
Ons is op soek na 'n kandidaat van 48 jaar of ouer wat reeds oor die nodige lewens- en werksondervinding beskik om die rol met professionaliteit en kundigheid te vul. Vorige ondervinding in 'n soortgelyke professionele omgewing sal 'n sterk aanbeveling wees.
Sleutel Verantwoordelikhede:
Vriendelike en professionele hantering van alle inkomende oproepe en die verwelkoming van kliënte.
Algemene Kantoor Take: Bestuur van die ontvangstoonbank, opruim van die kombuisarea, hantering van pos, skandering en argivering.
Kantoorbestelling: Bestel en bestuur van kantoorvoorraad en skryfbehoeftes.
PA vir Direkteure: Doeltreffende bestuur van die direkteure se skedules, afsprake en vergaderings.
Opstel van korrespondensie, e-posse en memo’s.
Vereistes en Vaardighede:
Ouderdom en Ondervinding: Ideaal 48 jaar of ouer.
Taal: Uitstekende beheer en vlotheid in Afrikaans en Engels.
Vervoer: Moet oor eie, betroubare vervoer beskik.
Vorige Kennis: Ervaring in 'n rekeningkundige, finansiële of regsomgewing is 'n voordeel.
Rekenaargeletterdheid: Vertroudheid met MS Office (Outlook, Word, Excel).
Wat Ons Bied:
'n Stabiele en professionele werksomgewing in Pretoria-Oos.
Salaris is onderhandelbaar op grond van u ondervinding.
Hoe om Aansoek te Doen:
Stuur asseblief u omvattende CV en 'n dekbrief wat u relevante ondervinding uiteensit na [email protected] voor 31 Okt 2025