13/10/2026
Op 9 Oktober het Enslins in samewerking met Sanette Strydom die 5de kuns-en wynveiling aangebied. Die aand was ‘n reuse sukses en ‘n totaal van R302 530 wins in gemaak ten bate van Rusoord ouetehuis. Ons is dankbaar vir almal wat dit bygewoon en ondersteun het. Baie dankie ook aan al ons borge:
Enslins Vryburg - wyn vir die veiling
Sanette Strydom studente - kunswerke vir veiling
Andries Coomans en Markus Fourie - skenk van skape.
Michelle Zervas, Sannet Bekker, Deidre K**k en Monica Pretorius - skenking van kos.
Elize Visagie, Hanna Sterrenberg en Elana Bosch vir die voorbereiding van die kos.
Wilton Viljoen, Evan Vrysoulis, Michelle Zervas, Jan Rose, Jurgen Linde, NW Crushers, Macks Petroleum en PH Security vir tafelborge.
Josef van Dyk ons afslaer en skenk van eetgoed op tafel.
Tannie Babsie van Molopo Venue vir die venue asook haar skenking van bottel Jägermeister wat ‘n rekord van R15250 op veiling gegaan het.
Dan wil ons spesifiek die wynplase wat ons ondersteun elke jaar hartlik bedank. Alle wynbottels word deur die wynmakers geteken.
Koelenhof
Rupert & Rothschild
Jakkalsvlei
Hermanuspietersfontein (nuut hierdie jaar by).
Koelenhof het hierdie jaar van hulle top wyn vir ons geskenk wat ook ‘n groot bydrae tot die veiling gemaak het.
Rupert & Rothschild maak groot skenkings ten opsigte van hulle verpakking wat hulle wyn besonders laat vertoon.
Dankie aan ons Enslins personeel wat altyd onbaatsugtig help.
Sanette Strydom - hierdie hele veiling was haar visie waarby ons ingekoop het. Sy werk elke jaar hard om hierdie veiling moontlik te maak. Sy is ‘n YSTER!!
Ons sien weer uit na volgende jaar!!
Ons kan nie almal help nie, maar almal kan iemand help.